Uitnodiging

4 Maart 2017

Liefste vriende en familie, ons soeke na ware liefde eindig, ons reis as geliefdes begin.

Kom deel in die vreugde wanneer Dane’ Louw en Phillip Meiring hul troubeloftes op 4 Maart 2017 aflê.

RSVP HIER

""
1
RSVP
Metgeselle per uitnodiging

Naam
Van
Kommentaarmore details
0 /
Geen kinders asb
Kontantkroeg beskikbaar
Semi Formeel
Tyd: 15h30 vir 16h00
Previous
Next
Ons liefdesverhaal

“Ek het geweet ek moet hierdie

meisie myne maak … “

Dit was ‘n gewone Saterdagaand en ek het soos altyd by vriende gaan braai. Min het ek geweet dat my lewe daardie aand verewig sou verander. Toe ek die eerste keer vir Dane in haar potblou rokkie sien, het my hart vir ‘n paar sekondes gestop. Hierdie meisie moes ek myne maak…

Dane het egter nie so maklik vir my sjarme geval nie en dit het harde werk en baie “smooth” wees gevat om haar hart te wen. Met ‘n glasie rooiwyn in die pragtige natuur langs die blouste blou water het ek Dane’tjie se hart vir altyd gewen en kan ek met trots se… hierdie meisie is nou myne!

gebeurtenis besonderhede

SEREMONIE


Datum: 04 Maart 2017
Tyd: 16h00-17h00
Plek: Galagos Country Estate, Gauteng
GPS S 025° 48’ 09.9” E 028° 29’ 53.5”

Padkaart

ONTHAAL


Datum: 04 Maart 2016
Tyd: 16:00-02:00
Plek: Galagos Country Estate
GPS: S 025° 48’ 09.9”,E 028° 29’ 53.5”

Padkaart

Navrae: Rudolph Louw (082 123 1234) Vivette Louw (082 123 1234)

Moontlike opsies vir verblyf:

Bullfrogsnest

Bullfrogsnest

http://bullfrogsnest.co.za/ +27 82 589 0847 / +27 79 528 5295 / 086 604 4888 info@bullfrogsnest.co.za Rates Bed @ R450 pp. Bed @ R650 per single...
Skaap Kraal Gastehuis

Skaap Kraal Gastehuis

http://www.dieskaapkraal.co.za/#amenities-header (082) 929-4977 eloise@dieskaapkraal.co.za R350 pp sharing R450 single Children 5-12yr R200 4km...
De Haven Oost Wedding Venue & Accommodation

De Haven Oost Wedding Venue & Accommodation

082 490 7373 Accommodation@dehavenoost.co.za From R700 per night (for 2 ppl) http://www.dehavenoost.co.za 1.6km van Galagos
Pearl Guest House

Pearl Guest House

https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/pearl-guest-house Vanaf R700 per nag (vir 2 mense) Local Tel : 012-8021675 INT Tel : +27-12-8021675 Cell...
Lieben Charm Guest House

Lieben Charm Guest House

http://www.liebencharm.co.za Oorkant die pad van Galagos (200m) vanaf R700 per nag (Vir 2 persone) 083 417 5873 liebencharm@plotnet.net
Geskenkwenk

Sou jul ons wou seën met
meer as jul teenwoordigheid:

Beperkte geskenkregisters:

  • Boardmans: RW000015901
  • MR Price Home: LOU701751

Tyd té min en voete té seer?
‘n Geldjie sal ons baie waardeer.

Belangrike Mense

Strooimeisies

Esther Neethling

Esther Neethling

Strooimeisie
My Vinkel. Esther het die mooiste hart en mens kan ure saam met haar sit en lag.
Carli Botha

Carli Botha

Strooimeisie
My engelmaaitjie met n hart van goud. Werklik een van die liefdevolste mense wat ek ken!
Emmica Brits

Emmica Brits

Strooimeisie
Sy’s my Simunye. Saam geskool en geswot. ‘n Vriendskap van 20 jaar wat nog tot op die ouetehuis se stoep sal duur.
Elana Rautenbach

Elana Rautenbach

Strooimeisie
Elana is my sussie wat ek nooit gehad het nie. Ouer sussie, bygesê! Daar is nie eers woorde om haar te beskryf nie.

Strooijonkers

Nollie Pistorius

Nollie Pistorius

Strooijonker
Al die ongelooflike plekke wat ek al saam met hom gesien het, is genoeg vir twee leeftye.
Hanco Venter

Hanco Venter

Strooijonker
Die avonture wat ons al saam aangepak het, kan ‘n boek vol maak.
Johandré Brits

Johandré Brits

Strooijonker
Njandre en ek kom al van laerskool dae af saam. As daar iemand is wat als van my af weet, is dit hy.
Pieter Heijstek

Pieter Heijstek

Strooijonker
Piet is altyd gereed vir aksie en hy weet hoe om ‘n kuier aan die gang te kry. Hy maak altyd seker dat almal ‘n goeie tyd sal hê.
Fran Meiring

Fran Meiring

Strooijonker
My “brother from the same mother”. My eerste vriend ooit. Dit was baie opwindend om saam met hierdie man te kon grootword.
Hendri van Tonder

Hendri van Tonder

Strooijonker
‘n Beter mens bestaan daar nie. Henna is die tipe mens wat enige iets vir sy vriende sal doen.

""
1

Ons sal dit baie waardeer om van jou te hoor

LAAT VIR ONS N BOODSKAP

Naam
Van
Boodskap
0 /
Previous
Next